Mondstuk van Witzenbergstreek
NA meer as 25 jaar is die Witzenberg Herald steeds een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika.
Die afgelope paar jaar is Witzenberg Herald een van die top 10 klein dorpskoerante in Suid-Afrika asook die wenner van die beste voorblaaie in 2005, 2009 en 2011.
Die Witzenberg Herald is in 1997 deur wyle Piet Snyman saam met Francois en Erika Snyman begin. Oor die jare het die koerant gegroei en is dit nou onlosmaaklik deel van die Witzenberg gemeenskap. 
Ceres maak die grootste deel van die verspreidingarea uit met koerante wat ook op Tulbagh, Wolseley, P.A. Hamlet, Op-die-Berg en omliggende plase versprei word.
Indien lesers digitaal op die koerant wil inteken, kan hulle net 'n e-pos na nuus@witzenbergherald.com stuur. Die koste en betalingsopsie sal dan aangestuur word.
Die koerant beskik tans oor drie voltydse personeel en twee deeltydse personeellede en is langs die poskantoor op Ceres geleë met ruim parkeerplek op die plein voor die kantoor. 
Redaksioneel en uitleg word behartig deur Francois, Erika is verantwoordelik vir die opstel en verkoop van advertensies en finansies en Karin Fortuin is verantwoordelik vir ontvangs, admin en geklassifiseerde advertensies.
Keith Slamet en Daniël de Bruyn is verantwoordelik vir die koerant se aflewering aan kafees en afsetpunte.